• Welkom by Babylonstoren

    Babylonstoren is een van die oudste Kaaps-Hollandse plase. Dit het 'n pragtige en besondere vrugte- en groente tuin van groot diversiteit en bied unieke akkommodasie, kos uit die boonste rakke en 'n gevoel van bevrediging.

    Lees meer

    Soundfile Babylonstoren uitspraak

  • Ons geskiedenis

    Ons wil graag ons ryk geskiedenis met jou deel.
    Kom saam op 'n vinnige webreis.

    Within minutes of arrival, I started to relax and feel more alive

  • Ons Tuin

    'n Vrugte- en groentetuin van groot botaniese diversiteit. Dit is geŃ—nspireer deur die beroemde 17e en 18e eeuse Kompanjietuine van die Kaap, asook die mitiese tuine van Babilonië.
    Kom verken.

    We never expected this much, the garden blows my mind

  • Kamers en verblyf

    Die eenvoud van plaasgeboue gekombineer met aansienlike styl.
    Kyk of jy daarvan hou.

Besoek Babylonstoren

Babylonstoren is 'n Kaaps-Hollandse plaas met wingerde en vrugteboorde, omring deur die dramatiese berge van die Drakensteinvallei. Die plaas het 'n besonder goed-bewaarde werf wat dateer uit 1690. Die vrugte- en groentetuin van botaniese diversiteit voorsien produkte aan 'n besondere restaurant. Gaste wat by die eksklusiewe plaashotel tuisgaan geniet toegang tot die hele plaas, asook geriewe soos die spa en gim. Die doelwit is om gaste meer ontspanne te laat voel, te verkwik omring deur die warm glimlagte en eenvoudige daaglikse ritme van die plaas.

Sien 360 Grade Uitsig...

At Babylonstoren I fell in love with the world again
- Guest: Sylvie Mitchell

Ons kamers

Slegs veertien kothuise geleë in die tuin en wingerde bied die funksionele eenvoud van plaasgeboue gekombineer met heelwat styl. Sien meer hier

Ons Tuin

Die vrugte- en groentetuin beslaan agt akker en is een van die mees unieke tuine in die land. Geïnspireer deur die 17e en 18e eeuse Kompanjietuine van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie en met die mitiese tuine van Babilonië in gedagte; gee botaniese diversiteit en die seisoene die toon aan.

Lees meer hier

Ons geskiedenis

Die plaas self het 'n ryk geskiedenis wat oor vele eeue strek. Lees meer hier

Wat ons is

Leer meer oor waaroor als gaan by Babylonstoren.

Lees meer hier