Dinge om te doen op Babylonstoren

Daar is 'n groot verskeidenheid van aktiwiteite op Babylonstoren – afhangende van hoe energiek jy voel of wil wees. Ons voorsien aan gaste wat oorbly, wat graag hou van fietsry of gim, swem of wandel, stap of dié wat liggaam en siel wil vertroetel en hul gees verkwik. Of selfs dié wat wil wyn drink en lees en net ontspan

DIE TUIN

Maak nie saak watter seisoen dit is nie, daar is altyd iets aan die gebeur in ons tuin. Gaste word uitgenooi om te help oes, snoei, plant of pluk aan ons vele vrugte, kruie, neute, speserye en groente. Daar is wandelroetes van meer as drie kilometer in die tuin en die tuiniere sal jou graag op 'n begeleide toer neem.

Die tuin

UIT OP DIE PLAAS

Maak nie saak watter seisoen dit is nie, daar is altyd iets aan die gebeur in ons tuin. Gaste word uitgenooi om te help oes, snoei, plant of pluk aan ons vele vrugte, kruie, neute, speserye en groente. Daar is wandelroetes van meer as drie kilometer in die tuin en die tuiniere sal jou graag op 'n begeleide toer neem.

Uit op die plaas

DIE WERF

Ontdek Babylonstoren se 320 jaar oue Kaaps-Hollandse werf. Die plaashuis dateer uit 1777 en pionier strukture staan al sedert die plaas gestig is in 1690. Die Koornhuis (vir die berging van koring), ou kelder, swierige hoenderhuis, duiwehok, oorhellende kloktoring en geskiedkundige hekke versier 'n tradisionele werf wat omring word deur 'n lae, witgepleisterde muur.

Die Werf

EET

Ons neem kos ernstig op by Babel, ons plaas restaurant. Alles is vars en kom of uit die tuin of van buurplase. Die kos wat ons opdien is onpretensieus – skoon en estetiese eetgeleenthede. Maaltye kan oral op die plaas bedien word, afhangende van die seisoen en weer.

Eet

VOËLKYK

Bo en behalwe die groot verskeidenheid plaasvoëls en duiwe in die geskiedkundige hoenderhok en die 100 slakvretende eende, het Babylonstoren ook vele voёlspesies. Gewapen met 'n verkyker kan gaste 'n paar luilekker ure deurbring om die verskillende voёls van die plaas se lys te tik.

Voëlkyk

SPA, GIM EN SWEMBAD

Na 'n werksessie in die gim wat oor die tuin uitkyk, kan gaste ontspan in die Babylonstoren spa, wat massering aanbied. Die swembad is 'n opgeknapte plaasdam en perfek vir warm somersdae.

Spa, gim en swembad

FOTOGRAFIE

Laat die lig jou lei en laat jou kamera die skoonheid van geskiedkundige geboue, wingerde, die tuin en omringende amfiteater van berge vasvang.

Fotografie

WYNPROE, ANTIEKE INKOPIES, KAAPPUNT EN VELE MEER

Babylonstoren is naby aan die wynplase van Stellenbosch, Paarl en Franschhoek, asook aan Kaapstad, Kaappunt, walviskyk en duik-met-haaie is alles naby genoeg om in 'n daguitstappie in te pas. Golfbane is ook naby.

Wynproe, antieke inkopies, Kaappunt en vele meer