Tuin Argitektuur

Die Babylonstoren tuin lê agter die hoofhuis en grens aan die gastekamers. Dit is uitgelê volgens 'n sistematiese rooster en beslaan drie aste. Die kloktoring as en die historiese kelder as sny parallel deur die tuin van oos na wes. Die Babylonstoring heuwel as loop langs die historiese werf as, parallel met die pad wat Kaapstad geskiedkundig met Franschhoek verbind.

Harmonie

'n Groot verskeidenheid van vrugte, groente en kruie groei in formele beddings en word omring deur bome wat deur latwerk opgelei word en deur paadjies deurkruis word. Elke bedding het sy eie kenmerkende eienskappe. (In die sagte steenvrugte boord is die paadjies met perskepitte geplavei.)

Gawe

Alles in die tuine is eetbaar, bruikbaar of medisinaal, niks is bloot ornamenteel nie. Afgesien van voedingswaarde is die tuin ook esteties bevredigend, met 48 prieёle met klimrose. Soos wat mens deur die tuin wandel, ruik mens die inheemse kruietuine asook die bloeisels en die blomme van wat ook al tans in seisoen is.

Diversiteit

Verken die tuin – op jou eie of op 'n begeleide toer. Daar is verassings vir kinders asook volwassenes.

Maak oop 10 November

Woensdag tot Sondag: 09h00 - 17h00

Ingangsfooie word geskenk aan die
Babylonstoren Trust

Prys: R10.00

Oop Woensdag – Sondag vir dagbesoekers.
Elke dag van die week slegs vir gaste wat op Babylonstoren bly.

Begeleide besoeke: Om 'n bespreking te maak, stuur vir ons 'n epos op: enquiries@babylonstoren.com

Of skakel ons op + 27 (0) 21 863 3852 tussen
08h30 – 17h00 (GMT+2)

Patrice
A biblical garden that could possibly compare to the one seen from the Tower of Babel
- Patrice Taravella

Meer oor Patrice

Patrice Taravella is die ontwerper en eienaar van die Orsan tuine, geleë in die Berry omgewing in sentrale Frankryk...
Lees meer