Van ons spyskaart

Die spyskaart by Babel Restaurant

Babel se spyskaart word bepaal deur die seisoene en wat die natuur voorskryf. Met meer as 300 vrugte, groente en kruiesoorte om van te kies, sal daar altyd iets vars en nuuts wees. Babel se restaurant kombuis, geїnspireer deur die bekende Suid-Afrikaanse kosfundi, Maranda Engelbrecht, berei eenvoudige dog heerlike maaltye voor wat direk uit die tuin of van ons vallei kom. Maranda beskryf die kos so: "Ons soek nie na ander dinge nie, maar kyk eenvoudig anders na dinge."

Babylonstoren Konsep

Ons spyskaart is buigsaam en verander heeltyd aangesien ons nie altyd weet watter bestanddele op watter dag beskikbaar gaan wees nie. Gaste kan kies van ons klein standaard spyskaart, daaglikse disse van die swartbord of maaltye om te deel. Al vorm ons tuin die hart van wat ons voorberei, bied Babel ook heerlike nie-vegetariese disse aan. En om ons tuin te vier en nuwe soorte bekend te stel, sal 'n nuwe en innoverende seisoenale vrug of groente met komplimente van die kombuis by elke maaltyd bedien word.

Babel Spyskaart

Danksy ons tuin, bied ons vrugte en groente aan wat saam voorberei en bedien word. Gaste kan hul eie maaltye kies van die oorvloed van geel, groen en rooi groente, vrugte, kruie en slaaiblare. Kies 'n kleur of kombineer twee of drie verskillendes en hulle sal bedien word, vars of liggies gestoom met slaaisouse van die dag. Hiermee saam kan gaste kase geniet, plaaslik gerookte en gesnyde ham van ons alfresco-styl kombuistafel. Die spyskaart bied ook 'n keuse van hoender, bief, skaap, vis en wildsvleis disse wat bedien sal word met 'n keuse van tuinslaaie, aartappels van elke skakering, peulvrugte en tuisgebakte plaasbrood. Geen besprekings benodig vir hierdie spyskaart nie.

Van die swartbord

Bo en behalwe ons standaard spyskaart, berei die kombuisspan ook daagliks 'n keuse van heerlike toebroodjies, voorgeregte en 'n vleis, vis, hoender of vegetariese dis en koek of nagereg vir die dag. Geen besprekings benodig nie.

Maaltye-te-deel & familie maaltye

Hierdie manier van kos deel is uniek op Babylonstoren. Vir alle groepe van tussen 2 en 8 gaste wat vooraf bespreek het, bied ons die volgende konsep aan: 'n saamgestelde verassings 3 gang maaltyd spyskaart of 'n gemaklike familiemaaltyd soos stadig-geroosterde lamsboud in wilde bergroosmaryn of geroosterde varkpens en natuurlik 'n nagereg in 'n tradisionele styl. Besprekings moet 'n week vooraf gedoen word.

Nagereg en koeke smaak vorentoe

'n Verrassende tog heerlike kombinasie van vrugte en groente word aangebied in geure van soet, sout, bitter, suur of selfs gekrui!

SimoneWe grow what we eat
- Simone


Besprekings: Om te bespreek, stuur asseblief epos aan:
enquiries@babylonstoren.com

Of skakel ons op + 27 (0) 21 863 3852 tussen
08h30 – 17h00 (GMT+2)