Ons kos

Ons kosfilosofie neig tot eenvoud – maar met 'n verskil. Maaltye is kreatief maar altyd met duidelike struktuur. Vrugte en groente word daagliks uit die tuin gepluk en dikwels bedien met skil en al. Porsies is gul en maaltye kan in verrassende plekke op die plaas bedien word, afhangende van die weer en geleentheid.

Mees belangrike maaltyd

Begin die dag met 'n Babylonstoren ontbyt – vars vrugte en sappe reg uit die natuur uit, tuisgemaakte muesli en dik joghurt, plaasheuning en elke dag 'n keuse van iets heerlik en warm, miskien Babylonstoren eiers en plaaslike Serrano-styl ham van die vallei./p>

Sonder fiemies

Ons hou nie daarvan om te veel met kos te peuter of dit te versnipper nie – pluk, maak skoon en bedien is ons manier van doen. Die kos reflekteer die kleure van die seisoene: in die somer word jy dalk verras met 'n oranje slaai van pampoen, lemoene, wortels en dalk 'n handvol granaatsade; in die winter is daar miskien 'n stadig gestoofde lamsboud om die koue te verjaag.

As die weer gewillig is, word maaltye buite bedien, op lang tafels wat in die vrugteboord of onder olyfbome opgestel word.

MarandaEach plate of food will be unique
- Maranda


Besprekings: Om te bespreek, stuur asseblief epos aan:
enquiries@babylonstoren.com

Of skakel ons op + 27 (0) 21 863 3852 tussen
08h30 – 17h00 (GMT+2)