Vanaf Kaapstad
Neem die N1 na Paarl. Neem Uitgang 47 Klapmuts, Stellenbosch R44 afrit. By die stopstraat, draai regs (onderdeur die N1 in rigting Stellenbosch). Gaan oor die volgende 4 rigting stop en ry oor die brug. Neem die volgende links na Franschhoek (R45). Na ongeveer 6km op hierdie pad sien jy Babylonstoren op regterhand.
Van Stellenbosch: Klapmuts
Neem die R44 na Wellington. Ongeveer 16km buite Stellenbosch sien jy 'n plaasstalletjie genaamd "The Potbelly Pantry" aan linkerkant. Neem die volgende regs na Franschhoek (R45). Ongeveer 6km verder sien jy Babylonstoren op regterkant.
Van Stellenbosch: Oor die Helshoogtepas
Jy kan ook die plaas bereik vanaf Stellenbosch via die Helshoogtepas (R310) na Franschhoek, wat regtig 'n pragtige pad is. Ry deur Pniel en by die T-aansluiting, neem die R45 na Paarl. Neem die Klapmuts/Simondium afrit op linkerhand. Ongeveer 4km verder sien jy Babylonstoren op linkerhand.
Van Franschhoek
Neem die R45 na Paarl. By Vrede & Lust neem die Klapmuts/Simondium pad afrit op linkerhand. Ongeveer 4km verder sien jy Babylonstoren op linkerhand.
Van Paarl
In die Paarl, gaan suid op die hoofweg na die N1/R101. Ry onderdeur die N1 en hou aan op die R101, moenie afdraai op die N1 nie. Draai links op die R45 na Franschhoek. By Vrede & Lust neem die Klapmuts/Simondium pad afrit op regterhand. Ongeveer 4km verder sien jy Babylonstoren op linkerhand.
Van Kaapstad Internasionale Lughawe
Van die lughawe neem jy die afrit na die N2 Oos (Somerset-Wes). Neem die volgende groot afrit van die N2 af – die R300. Jy draai links in die rigting van Bellville. Bly op hierdie pad na die N1 opritte. Gaan regs na Paarl.
Druk aanwysings uitGPS ko-ordinate – 33 49' 26.73" S 18 55' 39.08" E