Franschhoek

Franschhoek lê in 'n indrukwekkende vallei tussen die Franschhoekberge en is een van die land se mees geliefde dorpies. Dit het 'n trotse tradisie as die wyn- en fynproewershoofstad van die streek en is een van die Kaap se top bestemmings. Die dorp is 300 jaar terug gestig toe die Franse Hugenote weggevlug het van godsdienstige vervolging in Frankryk en grond gegee is in die area. Hulle het hul tradisies – en wynkuns – saamgebring en die dorp het steeds 'n sterk Franse inslag, asook 'n paar van die land se top restaurante. Die Franschhoek streek het 43 wynplase, insluitende:

Boschendal

Boschendal is een van die deftigste Franschhoekse wynlandgoedere en spog met besonderse Kaaps-Hollandse argitektuur en 'n wynmaak tradisie wat oor 300 jaar strek.

La Motte

Hierdie geskiedkundige wynplaas word internasionaal hoog aangeskryf, veral vir sy rooiwyn en het ook 'n eteriese olie onderneming. Daar is verskeie geskiedkundige geboue, 'n uitstekende nuwe restaurant en 'n kleurvolle en trotse geskiedkundige nalatenskap.

Graham Beck Wines

Die wynproekamer by Graham Beck Wines is een van die mees indrukwekkende geboue in Franschhoek, ontwerp om die mees kritiese wynproewer te beïndruk.

Grande Provence

Hierdie wynlandgoed hoort tot die nasionale erfenis en dateer uit 1694. Dit spog met 'n trotse geskiedenis van top gehalte – vir wyne, 'n besondere kunsversameling en een van die land se top restaurante.

Vrede en Lust

Hierdie bekende landgoed is geleë in 'n pragtige landskap teen die hange van die Simonsberg en is een van die omgewing se voorste wynplase met 'n geskiedenis wat oor verskeie eeue strek, sowel as 'n goeie restaurant en top gehalte wyne.

Môreson

Hierdie landgoed is heel onder op die Happy Valley pad en produseer wyne wat al verskeie pryse gewen het. Besoekers word genooi vir wynproe en heerlike middagetes wat buite, omring deur wingerde, bedien word.

Val de Vie

n Geskiedkundige landgoed met vooraanstaande wyne waar ook 'n liefde vir polo en perdry beoefen word.

Plaisir de Merle

Hierdie wynplaas dateer uit 1693 en die herehuis is 'n indrukwekkende voorbeeld van Kaaps-Hollandse argitektuur. Nadat dit jare lank in familiebesit was, behoort dit nou aan die Stellenbosch-Boerewynmakery.

L'Ormarins

In 'n pragtige ligging in die skadu van die Groot Drakensteinberg, lê die plaas L'Ormarins waar Anthonij Rupert Wyne verbou word. Die ou motormuseum is ook 'n besienswaardigheid.

Cabrière

Nog 'n geskiedkundige Franschhoekse wynplaas en wynmaakpionier. Die wynlandgoed is ook bekend vir sy wynteater en uitsoek restaurant.

Test Test Test