Suid-Afrika se oudste wynplase is geleë in en op die buitewyke van Kaapstad, die pragtige stad op die mees suidelike punt van die kontinent van Afrika. Die eerste wingerde is aangeplant kort nadat die Nederlandse setlaars in 1652 aangekom het om 'n halfwegstasie vir skepe onderweg na Indië te stig. Hierdie geskiedkundige groente– en vrugtetuin het die Tuin op Babylonstoren inspireer.
Maar dit is die eerste goewerneur van die Kaapse Kolonie, die Nederlands gebore Simon van der Stel, wat bekend is as die vader van die Kaapse wynbedryf. Hy het raakgesien dat die grond, Mediterreense klimaat en geografie uitstekend vir wynbou was.
Constantiavallei
Die vrugbare Constantiavallei op die hange van Kaapstad se Tafelberg is waar die land se oudste wynplase is. Die plase is slegs 20 minute van die stadskom en baie van hierdie geskiedkundige landgoedere het lieflike hotelle en uitstekende restaurante. Van hulle is:
Groot Constantia
Groot Constantia, die tuiste van Simon Van Der Stel, is een van die beste voorbeelde van Kaaps-Hollandse argitektuur en een van die land se top museums. Besoekers word genooi om deur die pragtige ou geboue te wandel voordat hulle bietjie wynproe.
Buitenverwachting
Buitenverwachting was oorspronklik deel van Constantia en is gestig in 1773 – een van die vooraanstaande wynlandgoedere in die area met 'n buitengewone restaurant.
Constantia Uitsig
Hierdie wynplaas was ook deel van die oorspronklike Constantia plaas maar het oor die eeue ontwikkel in 'n uitsoek wynplaas van sy eie – met 'n hotel, drie restaurante en wyne wat al verskeie pryse gewen het.
Klein Constantia
Die herehuis op Klein Constantia dateer uit 1818 toe die plaas afgesny is van Groot Constantia. Dit beskik oor 'n kleurvolle geskiedenis asook 'n wynkelder, wat al 'n prys gewen het van die Kaapse Provinsiale Instituut van Argitekte.
Durbanville Wynlande
Net noord van die stad, in die Tygerbergheuwels maar steeds deel van Kaapstad, lĂȘ die goue wingerde van Durbanville. Hierdie area was eens 'n plek waar transportryers, boere en ontdekkers mekaar ontmoet het in die 19e eeu en vandag nog is Durbanville bekend vir sy wynroete met nege wynplase, soos:
Durbanville Hills
Een van die land se top wynplase en al is Durbanville Hills miskien nie die oudste nie, produseer hulle van die mees bekroonde wyne in die land.
Bloemendal Wine Estate
Bloemendal is bekend nie net vir vooraanstaande wyn nie, maar ook vir die baie mooi plaasomgewing waar heerlike piekniek middagetes genuttig kan word.