Die gastekamers herinner aan Kaaps-Hollandse plaasgeboue en die styl wat in die Kaapse Kolonie oor die 17e en 18e eeu ontwikkel het: buitemure is witgepleister en versier met swierige gewels en grasdakke. Binnenshuis is dit aangenaam en koel (weens die dik mure) en in die winter word hulle verhit deur heerlike kaggelvure.
Babylonstoren het 'n besonder goed-bewaarde werf. Dit bestaan uit 'n hoofhuis, ou kelder, koringhuis (waar koring en hooi gestoor is), 'n ry diensgeboue, kloktoring, swierige hoenderhok en duiwehok omring deur die tradisionele lae, witgepleisterde mure. Sommige hiervan is in gaste wonings omskep terwyl 'n ongebruikte kraal omskep is in ons restaurant, Babel.
Beperkte gastekamers is beskikbaar langs die tuin. Hulle reflekteer ons liefde vir die oorspronklike argitektuur van die Drakensteinvallei en die simpatieke samesmelting van landskap en klimaat. Ons wil ook die besondere vakmanskap van die omgewing vertoon.
Pryse
R4270.00 per kamer per nag
Ontbyt ingesluit
Stuur epos na: enquiries@babylonstoren.com
Skakel ons op: + 27 (0) 21 863 3852 tussen 08h30 - 17h00 (GMT+2)
Laai PDFs af