Kaaps-Hollandse argitektuur word vernoem na die styl van die 17e en 18e eeuse Kaap die Goeie Hoop. Kenmerkende eienskappe sluit sagte, witgepleisterde mure van klip of primitiewe baksteen in, swierige gewels en grasdakke. Binne is die huise aangenaam en koel in die somer (weens die geweldige dik mure) en in die winter word dit verhit deur kaggelvuur.
Babylonstoren het 'n besonder goed-bewaarde werf. Dit bestaan uit 'n hoof plaashuis, ou kelder, koringstoor en 'n ry van diensgeboue, hoenderhok en duiwehok omring deur die tradisionele lae witgepleisterde klipmuur.
Meer onlangs is 'n ongebruikte kraal in die restaurant Babel omskep.
'n Tuin van diversiteit betoon eer aan die tuinmaak tradisies van die Kaap. Vir eeue lank was dit 'n halfweg verversingsstasie tussen Europa en Asië, waar skepe vir vars water, groente en vrugte aangedoen het. Ons wou eer betoon aan hierdie tradisie en die tuin by Babylonstoren bevat aspekte van die beroemde Kompanjietuine van die Kaap.
Onlangs is 'n paar nuwe gastekamers aangebring langs die tuin. Ons wou die integriteit van die oorspronklike argitektuur van die Drakensteinvallei behou asook die simpatieke vermenging van landskap en klimaat reflekteer. Fyn vakmanskap was ook belangrik.
Ons hoop dat die plaas soveel plesier vir jou sal bring soos wat dit vir ons beteken. Die hele plaas is oop vir verkenning.